Jou Stem Tel
Ek glo in oop kommunikasie. Het jy 'n idee of 'n probleem? My "Suggestion Box" is altyd oop, en ek sal maandeliks 'n update gee oor wat gebeur.
Kortlys vir die 2027 Matriekraad (MR). Ek staan vir aksie, integriteit en 'n skoolervaring wat ons almal saam verbind. Laat ons saam die toekoms bou.

My naam is Hugo de Villiers, ek is 17 jaar oud en is tans in Graad 11 by Hoërskool Stellenbosch. Ek het groot geword met die waardes van hierdie skool en ek glo ons kan dit na 'n hoër vlak neem.
Ek is kortlys vir die Matriekraad (MR) vir 2027. Dit is nie net 'n titel vir my nie... dit is 'n geleentheid om werklik iets te verander. Ek wil luister na wat julle wil hê, en dan optree daaroor. Geen leë belowes nie, net resultate.
Ek het begin 2026 deel geword van die skool se sosiale komitee en ons het reeds vele funksies suksesvol gereël. Om net een te noem, is dit Meneer en Mejuffrou Stellenbosch Hoër. Ek het ook begin 2026 deel geraak van die koshuis mentors en was aktief hierby betrokke.
Ek speel van graad 8 af rugby vir Stellenbosch en het hierdie jaar reeds 15 wedstryde vir die eerste span gespeel. Ek speel ook van graad 8 af krieket vir Stellenbosch en het reeds in graad 9 my eerste wedstryd vir die skool se eerste span gespeel. Ek is van graad 9 af in die skool se koor en geniet dit vreeslik.
Akademies glo ek dat ons ons beste moet doen, want dit is die grondslag van ons beroep en toekoms. Ek glo hierdie eienskappe is belangrik, en ek leef daarby: - Integriteit- Aanpasbaarheid- Innoverend- Verantwoordelikheid- Empatie- Spanwerk- Tydbestuur- Kommunikasie- Toewyding.
My vriende sien my as iemand waarmee hulle kan praat as daar iets is wat hulle pla. So luister ek graag na enige Stellenbosch leerder (en selfs personeel) en probeer om subjektief te wees en, indien hulle wil raad hê, sal ek my bes probeer om die beste raad te gee, solank dit in lyn is met my waardes.

Ek fokus op drie kernareas om ons skooljaar onvergeetlik te maak.
Ek glo in oop kommunikasie. Het jy 'n idee of 'n probleem? My "Suggestion Box" is altyd oop, en ek sal maandeliks 'n update gee oor wat gebeur.
Of jy nou in die eerste of laaste graad is, jy is deel van die HS-stam. Ek wil aktief betrokke raak by graadvirgraad-byeenkomste om elkeen se stem te hoor.
Laat ons die skoolkultuur lewendig hou. Van sport tot kuns, ek sal van my kant af probeer om dinge in plek te sit om beter befondsing en ondersteuning vir ons skool se sport en kultuur te kry.



Hugo is selfversekerd, passievol en charismaties. Ek weet hy sal 'n uitstekende MR wees.
Kompeterent hardwerkend en altyd bereid om te help
Opreg, gemotiveerd en altyd reg om te help
Het jy 'n voorstel of wil jy net groete stuur? Bereik my gerus via die onderstaande kanale.